As Duitsland vir Israel ingryp, moet Namibië ook ingryp: Amupanda

Die aktivis en presidensiële kandidaat, Job Amupanda het Namibië se perspektief gegee aan Russia Today, ‘n Russiese Engelse nuuskanaal, tydens ‘n onderhoud oor Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Geregshof. Namibië kritiseer Duitsland omdat hy probeer het om ook in die hof te verskyn, teen Suid-Afrika se aantygings van volksmoord, en het Duitsland se steun aan Israel veroordeel. Amupanda sê as Duitsland aan die kant van Israel ingryp, moet Namibië ook ingryp.