As brandstofpryse daal, moet vervoertariewe ook

Die vakbondfederasie Saftu vra ‘n onmiddellike vermindering in taxi- en bustariewe in Suid-Afrika ná die jongste verlaging in die brandstofprys. Volgens die federasie bly openbare vervoertariewe onveranderd, ten spyte van laer brandstofpryse, en dit plaas voortgesette finansiële druk op werkersklaspendelaars. Trevor Shaku van Saftu vra die regering om in te gryp en te verseker dat verlaagde brandstofpryse tot laer vervoeruitgawes lei, en sodoende lewenskoste vir werkers verlig: