Arsenal wil Kampioeneliga laaste 16-nederlae wreek

Sokker: Arsenal is in Spanje vir vanaand se eerste ronde van die Kampioeneliga laaste-16 teen Porto. Die Gunners speel in hulle eerste veldtog in Europa se top kompetisie in sewe seisoene. Hulle is die 15de keer in die ronde van 16, maar die Londense klub se nege nederlae in dié stadium is ‘n onwelkome Kampioeneliga-rekord. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, is opgewonde om mee te ding vir ‘n plek in die kwarteindronde.