Arsenal verower Gemeenskapskild

Arsenal het Manchester City deur strafdoele met vier-een afgeransel om die Gemeenskapskild op Wembley-stadion te verower. Die driemalige wenners, City, was op koers om hulle vierde trofee van die jaar op te raap toe Cole Palmer die Manchester-span in die 77ste minuut die voorsprong gegee het. Leandro Trossard het egter in die doodsnikke sake vir Arsenal gelykop gemaak en die uitslag is met strafdoele beslis. Die Gunners se bestuurder, Mikel Arteta, sê hy is bemoedig deur die prestasie terwyl hulle gereed maak vir die nuwe Premierliga-seisoen: