Arsenal sal moet uithaal en wys

Sokker: Arsenal sal probeer om hul goeie spelpeil hierdie seisoen voort te sit wanneer hulle vanaand in hul laaste Kampioeneliga-groepswedstryd teen PSV Eindhoven te staan kom. Albei spanne het vir die laaste 16 gekwalifiseer, met Arsenal wat reeds as die groepswenners gekroon is. Hulle is ook slegs een punt agter Liverpool in die Engelse Premiersliga. Hul is tans in Nederland om teen PSV te speel, wat al 15 hul wedstryde in die Nederlandse Eredivisie gewen het. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê hulle sal op hul beste moet wees om te wen.