Arsenal bly bo-aan punteleer

Arsenal het sy vyf-punt voorsprong bo-aan die punteleer van die Engelse Premierliga met ‘n oorwinning van 3-0 teen Fulham behou. Die Gunners het goed reageer op Manchester City se naelskraapse oorwinning Saterdag met indrukwekkende aanvallende spel wat vir drie doele in die eerste helfte gesorg het. Die bestuurder Mikel Arteta was baie in sy skik met sy span se vertoning: