Arnie staan by Kamala, Buzz Aldrin by Donald

Die akteur en gewese Republikeinse goewerneur van Kalifornië, Arnold Schwarzenegger, het die jongste bekende geword wat visepresident Kamala Harris steun in volgende week se Amerikaanse verkiesing. Schwarzenegger sê as Donald Trump wen, sal hy mense verdeel, beledig en nuwe maniere vind om on-Amerikaans te wees. Intussen het die beroemde ruimtevaarder Buzz Aldrin gesê hy staan agter Trump en loof hom vir sy ondersteuning van ruimteverkenning. Die sanger Nicky Jam het sy ondersteuning aan die oudpresident onttrek nadat ‘n komediant vir Puerto Rico beledig het op ʼn saamtrek van Trump.