Armoede-vlakke in SA is hoër as tydens apartheid

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê armoede in Suid-Afrika is erger as gedurende die apartheidsera. Mashaba het die regering van Bophutatswana met die ANC-regering vergelyk, en bygevoeg die Bantustan-leier, Lucas Mangope, het die waardes van diensbaarheid en ferm leierskap uitgestraal. Mashaba waarsku in Suid-Afrika is dit ʼn skending van menseregte indien meer as 50-persent van die bevolking onder die broodlyn leef: