Armoede-verligting se begroting moet reg bestee word

Die adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi het vandag in die Nasionale Vergadering die begroting van die ministerie van armoede-verligting van 6,48 miljard Namibiese dollar ondersteun. Hy het ook voorgestel dat die ministerie ‘n meganisme ontwikkel wat sal verseker dat geld wat vir kwesbare kinders bedoel is vir die regte doel en vir die beoogde begunstigdes aangewend word…