Armoede ‘groot faktor in tiener-swangerskappe’
Die onderwys-ministerie rapporteer steeds hoë gevalle van leerlingswangerskappe en hoë uitvalsyfers oor die basiese onderwysfases. Die Namibiese Onderwysbestuurs-inligtingstelsel van 2022 dui aan dat sowat 17 982 leerders in daardie kalenderjaar die skool verlaat het. Hiervan het altesaam 2 739 meisies weens swangerskap die skool verlaat. Kosmos 94.1 Nuus het met die menseregte- en geslagsaktivis Rosa Namises gepraat wat redes gee vir die hoë leerder-swangerskapsyfers. Armoede is een van die belangrikste bydraende faktore.