Armoede-bekamping planne en werklikheid verskil

Die uitwissing van armoede-ministerie het in 2020 ‘n strategiese plan aangekondig wat tot 2025 sal strek, om armoede in die land te bekamp. Ten spyte hiervan het ‘n Unicef-verslag bevind dat gemiddeld 51,3 persent van kinders onder 17 in multidimensionele armoede leef, vergeleke met 37,4 persent van volwassenes en die nasionale gemiddeld van 43,3 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die jeugaktivis Simon Amunime gepraat, wat sê die werklikheid is anders as wat in planne voorsien word.