Armani-handelsmerk in die sop
‘n Hof in Milaan het ‘n maatskappy wat aan die beroemde Italiaanse modegroep Armani behoort onder geregtelike administrasie geplaas nadat hy beskuldig is van die indirekte subkontraktering van sy produksie aan Chinese maatskappye wat werkers uitbuit. Reuters berig die hof het bevind die nywerheidsmaatskappy Giorgio Armani Operations het die vervaardiging van sy inkopiesakke uitkontrakteer aan twee maatskappye wat dit subkontrakteer het aan vier Chinese maatskappye wat werkers te min betaal. Die administrasie geld vir ‘n jaar, terwyl Armani samewerking beloof het om die saak reg te stel.