Ariana Grande: “Yes, and?”

Vandag stel die Grammy-wenner, die 30-jarige Ariana Grande, haar nuutste enkelsnit vry. “Yes, and?” is ‘n vreugdevolle, euforiese danssnit en is haar reaksie op al die kommentaar oor haar voorkoms, haar egskeiding, haar nuwe verhouding, en nog meer. In 2018 het sy haar album Sweetener uitgereik en in 2019 die album Thank you, next? Yes, and? is die lusmaker vir haar nuwe album en die eerste sedert 2020. Wat haar planne vir 2024 betref sal sy die rol van Glinda vertolk in die opkomende Wicked-rolprent. Grande het aan internasionale media beken dat Yes, and? Deur haar vriendin en rolmodel, Madonna, se Vogue geïnspireer is. 

Foto: Verskaf