Archie se velkleur: Dit was Charles en Catherine

Koning Charles en sy skoondogter, Catherine, was glo die twee koninklikes wat beweerde rassistiese opmerkings gemaak het oor prins Harry en Meghan Markle se eersteling, Archie. Die ouerpaar het tydens ʼn onderhoud met Oprah Winfrey in 2021 vertel twee lede van die koninklike huishouding het voor sy geboorte bespiegel hoe donker sy vel sou wees. Die Britse televisiepersoonlikheid, Piers Morgan, het die name bekendgemaak wat in Omid Scobie se boek, Endgame, genoem is. Dit is egter kort na publikasie van Nederlandse winkelrakke verwyder, terwyl Britse publikasies nie die name vermeld nie.