Archie en Lilibet kry hul titels

Buckingham-paleis sê hy sal met verloop van tyd sy webtuiste bywerk om veranderinge aan die titels vir die hertog en hertogin van Sussex se kinders aan te dui. Harry en Meghan het vir die eerste keer in die openbaar die titels prins en prinses vir hulle kinders Archie en Lilibet gebruik. Die egpaar het na Lilibet as ‘n prinses verwys toe die nuus van haar doop aangekondig is. Tegnies gesproke het die kinders ‘n prins en prinses geword toe koning Charles die troon bestyg het, maar op die paleis se webtuiste is hulle steeds “master” en “miss”.