Archer sal gereed wees vir T20 Wêreldbeker
Die Engelse snelbouler, Jofra Archer, behoort gereed te wees vir die T20 Wêreldbeker. ʼn Elmboogbesering het hom bykans ʼn jaar uit aksie gehou. Archer het in die voor-seisoen vir Sussex geboul en het nou na sy geboorteplek in die Karibiese Eilande teruggekeer om voor te berei vir die Wêreldbeker wat in Junie in die Windies en Amerika begin. Hy was Engeland se wedstrydwenner in die eindstryd in 2019 van die Wêreldbeker oor 50 boulbeurte teen Nieu-Seeland toe hy die super-beurt afgestuur het.