Arbery se skieters is almal skuldig, sy ma bedank God

‘n Amerikaanse jurie het drie mans skuldig bevind aan die moord van die 25-jarige Ahmaud Arbery in die suide van Georgia verlede jaar. Travis McMichael, sy pa Greg McMichael en hulle buurman William Bryan, het Arbery agternagesit en doodgeskiet terwyl hy op ‘n Sondagoggend gaan draf het. Hulle beweer Arbery was betrokke by ‘n reeks inbrake in hulle woonbuurt maar daar wees geen voorval waarmee hy verbind kon word nie. Die polisie in die deelstaat het ook deurgeloop onder kritiek omdat dit hulle 74 dae gevat het om die drie te arresteer, nadat hulle reeds beken het hulle het Arbery doodgeskiet. Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê hoewel die uitspraak beteken die regstelsel werk, is dit op sigself nie genoeg nie. Arbery se moeder, Wanda Cooper-Jones het met die media na die uitspraak gepraat.