Arbeidsregte ontbreek, werkers moet hulle wend aan aktiviste

Die veelbesproke sosiale aktivis Michael Amushelelo is ontbied en het ‘n polisiewaarskuwing ontvang nadat hy gepoog het om Rani Supermark in die Okuryangava-gebied van Windhoek te sluit. Dit het gekom nadat 100 werknemers by die kleinhandelaar se Oshakati-tak geskors is, nadat hulle teen beweerde slegte werksomstandighede gestaak het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Vakbondkongres van Namibië, of Tucna, se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, gepraat wat sê ontevrede werkers wend hulle na aktiviste want arbeidsregte is nie voldoende nie.