Arbeidsministerie loods meganisme vir werk in visserye

Namibië se ministerie van arbeid, in samewerking met die Internasionale Arbeidsorganisasie, het die nasionale koördineringsmeganisme van stapel gestuur. Dit sal spesifiek fokus op ordentlike werk binne die Namibiese visserysektor. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die vakbond die National Union of Namibian Workers, het by die bekendstelling gepraat en sê dat die Internasionale Arbeidsorganisasie na alle aspekte van die vissery-bedryf gekyk het.