Arbeidsmigrasie onder die vergrootglas

Die Internasionale Arbeidsorganisasie stel die negende uitgawe van sy jaarlikse globale media kompetisie bekend. Die doel van die kompetisie is om billike en gebalanseerde mediaberigte oor arbeidsmigrasie te vereer. Negatiewe en stereotipiese beriggewing kan diskriminasie en beledigende praktyke, insluitend dwangarbeid, teenoor trekarbeiders aanwakker en sosiale kohesie bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die nasionale vakbond van Namibiese werkers, gepraat oor of dit die bespreking is waarop ons moet fokus, veral aangesien ons groter kwessies het wat werkers raak. Muniaro sê dat ons trekarbeiders moet beskerm, beide binne Namibië en ook daarbuite.