Arbeidskommisaris werk hard

Die arbeid-ministerie het sy Kwartaal Twee-verslag vrygestel, wat rapporteer oor sy arbeidsverhoudinge- en volle indiensneming-verpligtinge. Die kantoor van die arbeidskommissaris het 869 nuwe verwysings gedurende die verslagtydperk ontvang, waarvan 734 sake afgehandel is terwyl 135 afgekeur is of terugverwys is vir regstellende aksies. ‘n Totaal van 2 048 sake is in die kwartaal hanteer. Twee-en-vyftig persent hiervan, of 1 069 sake, is opgelos, waarvan 70 persent deur konsiliasie geskied het en 30 persent deur arbitrasie. Daar was 979 hangende sake, insluitend sake wat vervroeg is. Wat die ontslaan van werkers betref as gevolg van kollektiewe beëindiging of afdanking, het 108 werkgewers kennis gegee dat hulle 1 218 werkers wil laat gaan.