Arbeidskenner reageer op skietvoorval by sakeperseel

Reaksie word ontvang op die werknemer wat na bewering twee bestuurders by die Ondangwa Henning Crusher geskiet het. Volgens bronne het die 49-jarige verdagte na bewering die duo in ‘n lokval gelei weens frustrasies met sy werksomgewing. Hy sal Maandag in die hof op die dorp verskyn. Die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Tim Parkhouse sê daar is ‘n les om hier geleer te word.