Arbeidskenner kap vakbonde oor laksheid
Verskeie van die land se vakbonde staar deregistrasie in die oë. Dit kom nadat net 12 uit die 44 geregistreerde vakbonde en drie uit 17 werkgewersorganisasies hul jaarlikse opgawes by die arbeidskommissaris ingedien het. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner, Herbert Jauch gepraat wat sê vakbonde het geen rede gehad om nie hulle jaarlikse verslag in te dien nie.
Jauch het ook gesê die nagevolge van deregistrasie is nie goed vir die lede van die vakbonde nie.