Arbeidshof beveel heraanstelling van oud-Valkehoof

Die voormalige Gautengse hoof van die Valke, generaal-majoor Shadrack Sibiya, is bevorder tot adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing. Dit volg nadat die arbeidshof die polisie opdrag gegee het om hom weer aan te stel, met dieselfde rang. Sibiya is in 2015 afgedank ná ‘n dissiplinêre ondersoek oor sy beweerde rol in die onwettige deportasie van vyf Zimbabwiërs in 2010. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het op ‘n nuuskonferensie gesê Sibiya se bevordering is ‘n poging om ondersoek-vermoë te versterk.