Arbeiders staan bankvas agter Oekraïne

Die pasverkose Britse eerste minister, Keir Starmer, sê sy regering bly by die plan om jaarliks minstens 69,8 miljard Namibiese dollar te bestee om Oekraïne militêr te ondersteun. Hy het op die Navo-beraad in Washington met Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, vergader. Starmer sê die militêre hulp, wat humanitêre en ekonomiese ondersteuning insluit, sal tot minstens 2030 en 2031 voortgaan. Hy doen ook ʼn beroep op Navo-bondgenote om besteding aan verdediging uit te brei weens toenemende globale bedreigings, insluitend van Rusland.