Arbeiders kan grootste meerderheid in jare kry

ʼn Nuwe YouGov-peiling toon die Arbeidersparty in die Brittanje kan ʼn meerderheid van 200 setels haal. Volgens die peiling sal die Tories die minste setels in ʼn verkiesing kry sedert die party se stigting in 1834. Indien dit so uitwerk wanneer die land op 4 Julie gaan stem, sal die Arbeiders hul tweede grootste meerderheid sedert die Tweede Wêreldoorlog behaal. Volgens aanduidings kan die Liberale Demokrate ses keer meer setels kry as dié wat hulle in 2019 gehad het terwyl Nigel Farage se Hervormingsparty dalk vyf kan kry.