Arbeiders behoort vandag te wen in Brittanje

Die leier van die Arbeidersparty in Brittanje, Keir Starmer, sê na vier agtereenvolgende verkiesingsnederlae en 14 jaar as opposisieparty, aanvaar hulle niks as vanselfsprekend nie. Miljoene mense landwyd stem vandag in die algemene verkiesing. Peilings toon die Arbeidersparty sal die eerste algemene verkiesing sedert 2005 wen, wat Starmer eerste minister sal maak. Hy sê as sy party wen, sal hulle eerste prioriteit wees ekonomiese groei en die verhoging van die bevolking se lewenstandaard.