Arbeid-ministerie ondersoek klagtes by Rani

Die arbeid-ministerie het ‘n ondersoek begin na beweerde onwettige praktyke by die Rani Groep van Maatskappye. In ‘n verklaring sê die ministerie ‘n onlangse arbeidsgeskil het gelei tot ‘n ongemagtigde staking en daaropvolgende skorsing van werkers in Oshakati, wat ‘n soortgelyke voorval vroeër vanjaar in Rundu weerspieël. Terwyl die ministerie nog die bewerings moet verifieer, het hy ‘n omsigtigheidsverklaring aan beide werknemers en werkgewers uitgereik. Die ministerie beklemtoon dat opskorting of beëindiging van diens behoorlike prosesse moet volg. Hy ontmoedig ook werkers om aan onwettige aktiwiteite deel te neem.