AR se poging om as party te registreer, verbaas nie

Terwyl die Affirmative Repositioning-beweging weier om kommentaar te lewer oor sy aansoek om as politieke party te registreer, sê politieke ontleders dit is geen verrassing nie. Die beweging se leier Job Amupanda het onlangs sy onafhanklike kandidaatskap vir die presidensie aangekondig. Die beweging blyk om stil-stil sy aansoek verlede week by die kommissie ingedien het. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah gesels.