AR sê IPC dryf klagte teen hom aan

Die Engelse dagblad, The Namibian, berig dat daar ‘n klag by die Katima Mulilo-polisiestasie teen die Affirmative Repositioning-beweging gemaak is. Luidens die inligting word daar gemeen dat die beweging, wat handtekenings nodig het om as party te registreer, nie die tekenare se nodige toestemming het nie. George Kambala van die beweging sê die IPC moedig mense aan om daaroor te kla terwyl hy wat die beweging is nie noodwendig ondersteuners gevra het om te teken nie. Die Verkiesingskommissie sê hy sal hom uitspreek wanneer hy ‘n deeglike ondersoek voltooi het.