AR oop vir koalisies, sê Amupanda

Affirmative Repositioning, of AR, is op 25 Junie amptelik as ‘n politieke party deur die Verkiesingskommissie van Namibië geregistreer. Die beweging se leier, Job Amupanda, het die nasie Dinsdagaand toegespreek en sê hulle is nou gereed om aan die verkiesing op 27 November deel te neem. Amupanda sê indien geen party 51 persent van die stemme kry nie, sal AR gereed wees om met enige party saam te werk om ’n koalisie te vorm.