AR: Huurders steeds uitgebuit

Die Namibiese huurmark moet gereguleer word ten einde die uitbuiting van huurders deur verhuurders te voorkom, veral met die terugbetaling van deposito’s en rente op deposito’s. Die Affirmative Repositioning het verlede jaar ‘n beroep op die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gedoen om die Huurbeheer-wetsontwerp as ‘n dringende saak te finaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met AR-aktivis George Kambala ‘n AR-aktivis gepraat wat sê dat die Huurbeheerraad nog geen maatreëls geïmplementeer het nie.