AR fokus op energie, elektrisiteitstoevoer
Met net dae oor voor die verkiesing, maak Namibiërs en politieke partye gereed vir die laaste veldtog-saamtrkke. Die Affirmative Repositioning-beweging sê hulle sal die naweek hul veldtog in Ondangwa afsluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met AR-leier Job Amupanda, wat sê as hulle aan bewind kom, sal elektrisiteitstoevoer en energie prioriteit geniet.