April se reënval nie belowend nie, dinge lyk power

Die Namibiese Hidrologiese Diens het die reënvalsyfers vir April bekend gemaak. Volgens die diens, was die maand droog vir Kavango Oos, Zambezi, Karas, die oostelike dele van Otjozondjupa en die noordoostelike dele van Omaheke, met die westelike dele van Erongo en Kunene wat amper niks ontvang het nie. In dele van Khomas, Hardap, oostelike Kunene, Oshikoto en Otjozondjupa is amper twee keer die gemiddelde reënval ontvang. Maar, die groter meerderheid van die land het ondergemiddelde reën gehad. Die diens sê dat meeste van die goeie neerslae van Januarie geen voordeel het nie omdat daar nie genoegsame opvolgreën was nie. Dus, het meeste gebiede het gemiddelde of onder-gemiddelde reën ontvang. El Nino word vir vanjaar voorspel.