April sal die piek in malaria gevalle wees – Kamwi

Die malaria-geteisterde streke in die noorde van Namibië het weer reën gekry en nóg reën word verwag. Daar is inderdaad vrese dat daar ‘n effense toename in malaria gevalle kan wees as gevolg van die vloede wat dele van die noordelike streke oorstroom het. Die stigter van die Eliminate Malaria Campaign en voormalige gesondheidsminister, dr. Richard Kamwi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hy meen gevalle sal veral in die Zambezi toeneem.