Apple gedagvaar oor geslagsongelykheid met salarisse

Apple is gewikkel in ‘n groepsgeding wat twee vroulike werknemers ingedien het by die Hoërhof in San Francisco. Die regsgeding beweer die Amerikaanse tegnologie-maatskappy het meer as 12 000 vroulike werknemers in Kalifornië onderbetaal, spesifiek in sy ingenieurs-, bemarkings- en AppleCare-afdelings. Eisers voer aan Apple se salarisbepalingsmetode, geskoei op vorige werkverdienste of “betalings-verwagtinge”, veroorsaak laer salarisse vir vroue. Die regsgeding beskuldig Apple ook dat hy ‘n Kaliforniese wet omseil het, wat navrae oor ‘n werker se vorige betaling verbied het, en beweer daar was vooroordele in die prestasie-evaluasiestelsel.