Apple betrek by bloedminerale in konflikgebiede

Kommer neem toe dat Apple sogenaamde “bloedminerale” uit konflikgebiede in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo verkry. Internasionale regsgeleerdes wat die Kongolese regering verteenwoordig, sê hulle het nuwe bewyse van fluitjieblasers ingesamel. Die Amsterdam & Partners-prokureursfirma ondersoek bewerings dat minerale wat in die Kongo deur verskeie maatskappye en gewapende groepe ontgin word, deur Rwanda, Uganda en Burundi uitgesmokkel word. Die prokureurs het Apple reeds op 22 April in ‘n brief vrae oor sy voorsieningsketting gevra, maar geen antwoord gekry nie. Hulle moedig Apple aan om die vrae te beantwoord, en sê hulle evalueer regsopsies. Apple het in die verlede gesê dat hy nie primêre minerale direk koop of verkry nie, en hy ouditeer sy verskaffers.