APP sal onderwys aanspreek, 60 leerders in ‘n klas is onaanvaarbaar

Die All Peoples Party se presidentskandidaat, Ambrosius Kumbwa, sê indien verkose, sal sy regering fokus op die verbetering van die onderwysstelsel. Junior en senior sekondêre skole ontvang byvoorbeeld dieselfde toerusting en materiale ten spyte van hul verskillende kurrikulums. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Marius Goraseb, die party se sekretaris-generaal, oor hoe hulle beplan om die onderwysstelsel te verbeter.