Antisemitiese voorvalle in Amerika styg 200% na Hamas-inval

Amerika het meer as 10 000 antisemitiese voorvalle aangeteken sedert Hamas se aanval op Israel op sewe Oktober verlede jaar. Dit is volgens voorlopige data van die Anti-Defamation League. Dis ʼn toename van meer as 200-persent teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar. Minstens eenduisend-200 van hierdie antisemitiese voorvalle het op kollege-kampusse plaasgevind en nog twee-duisend by Joodse instellings. Die meeste voorvalle is in die state Kalifornië, New York, New Jersey en Florida aangemeld.