Antimikrobiese weerstand weer onder die loep

Die landbou-ministerie gaan sy derde agtereenvolgende nasionale vergadering van belanghebbendes oor antimikrobiese weerstand hou, in samewerking met die Friedrich-Loeffler-Instituut. Dit is om die vordering te evalueer van implementerings-aktiwiteite wat verband hou met Namibië se Antimikrobiese Weerstand Nasionale Aksieplan. Die vergadering is geskeduleer vir môre by Avani in Onafhanklikheidslaan. Dr. Theuns Laubscher, ‘n veearts van die Windhoek Veeartsenykliniek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid van die vergadering.