Anti-jag-veldtogte lê bewaring lam, sê Napha

Die jaggemeenskap word gekonfronteer met verskillende struikelblokke, wat insluit ‘n internasionale verbod op trofee-invoere, ‘n verbod op die vervoer van trofeë deur lugrederye en kriminele aanklagte oor die vervoer van jaggewere en trofeë. Uiterste herries op sosiale media en aggressiewe anti-jag-veldtogte gaan so ver as om jagters te identifiseer en aan hulle beledigende haatpos en selfs doodsdreigemente te stuur. Die president van die Namibiese Professionele Jagvereniging, Axel Cramer, het by hul algemene jaarvergadering die probleme uitgelig wat anti-jag aktiviste veroorsaak vir die bewaring van Namibiese wild.