Anicia Peters weer ‘n baanbreker vir vroue

Die uitvoerende hoof van die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie, professor Anicia Peters, is aangestel in die Afrika Raad vir Wetenskap, Navorsing en Innovasie se Vierde Industriële Revolusie-werkgroep vir Afrika. Sy sal Suider-Afrika verteenwoordig en die groep sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van die vasteland se strategie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kehad Snydewel, die besturende direkteur by Green Enterprise Solutions, wat sê dit is belangrik dat meer vroue tegnologie-velde betree.