Angula sê rooilyn moet waai, bek-en-klou is onskadelik vir mense

Die veterinêre kordonheining, of rooilyn, in die noorde van Namibië is ‘n omstrede onderwerp. Landboukundiges meen beesvleis moet ook noord van die lyn verwerk kan word, maar daar is nie vordering nie. Kosmos 94.1 Nuus is besig met ‘n reeks om uit te vind wat politieke partye se mening is oor verskeie kwessies, insluitend die rooilyn. Die onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula lug haar mening oor die kwessie.