Angula sê dis nie verby nie

Reaksie word ontvang op die presidensiële kandidaatskap van onafhanklikes Ally Angula, Jeremiah Kaambo en Elsie Chen wat deur die Verkiesingskommissie verwerp is, om uiteenlopende redes. Angula, wat net meer as 1 300 handtekeninge te min gehad het, het gesê dis nie die einde van haar politieke loopbaan nie.