Angula eis begroting-hersiening na kos-gooiery

Reaksie word steeds ontvang oor die video op sosiale media wat wys hoe Swapo lede kos gooi na ‘n skare in Walvisbaai. Die onafhanlike presidensiële kandidaat Ally Angula was die eerste wat hierop gereageer het. Sy eis in ‘n verklaring nie net ‘n om verskoning maar ook ‘n hersiening van die middeltermyn-begroting vir ‘n basiese inkomste-toelaag.