Angolese steel glo vee in Noorde

Veediefstal in Namibië bly ‘n konstante uitdaging ten spyte van voortdurende pogings van wetstoepassingsagentskappe en die gemeenskap om dit te keer. ‘n Kommerwekkende nuwe neiging het volgens berigte nou in die Noorde begin posvat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga, wat sê hy ontvang klagtes oor vee wat deur Angolese burgers gesteel en weggejaag word.