Angolese kinders vir nou op Ondangwa gehuisves

Die ministerie van binnelandse sake sê die sogenaamde Angolese kinders wat in die strate van veral Windhoek houtlepels verkoop, is van die Mwila-stam, afkomstig van Angola se Huila-provinsie. Hulle is in die land as gevolg van uitdagings tuis. Meer as 200 kinders is reeds bymekaar gemaak en op Ondangwa by die jeugsentrum hervestig. Hulle word tans daar versorg. Pogings word ook aangewend om die kinders in ander dorpe in die land op te spoor en na die sentrum te neem. Samewerking met Angolese owerhede duur voort om ‘n blywende oplossing vir die kwessie te vind.