Angolese kry 10 jaar of N$100 000 boete vir diamanteNovember 3, 2023
‘n Angolese burger is met 100 000 Namibiese dollar beboet of 10 jaar se tronkstraf opgelê nadat hy in ‘n Ondangwa-hotel gevind is met 1 365 ongeslypte diamante ter waarde van 900 000 dollar. Venacio Chipopa het in die laerhof op die dorp voor landdros Ruben Mutuku verskyn na hy in November 2018 met die edelstene betrap is. Sy verweer was dat hy deur middel van Angolese wetgewing, tot 2017 toegelaat was om diamante te myn. Daarna moes hulle lisensies kry en daarvoor is beleggers nodig en daarom het hy die land binnegekom. Die voertuig waarin hy gereis het is geskud deur die staat en so ook die diamante. Daar was geen rekord van hoe hy met die voertuig in die land ingekom het nie.