Angola se uittrede uit Opul help om brandstofprys te verlaag

Die brandstofprys vir Januarie daal met 80 sent ‘n liter vir petrol sowel as beide grade diesel. Die ministerie van myne en energie sê hy het gedurende Desember oorverhalings van 123 sent ‘n liter vir petrol en tussen 106 en 117 sent per liter diesel aangeteken. Petroleum-ekonoom by die ministerie Salome Nghoshi het die redes vir die oorverhalings so aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Die ministerie het nie net die heffing vir padveiligheid verhoog nie, maar verleng ook die 20 sent winsmarge vir groothandelaars vir nog ‘n maand. Dit sou aan die einde van Desember tot ‘n einde gekom het.