Angola bevestig M-pokke geval, Namibië steeds veilig

Die gesondheidministerie het ‘n bevestigde M-pokke geval in Angola se Luanda-provinsie aangemeld, ‘n Kongolese burger wat tans in ‘n gespesialiseerde fasiliteit geïsoleer is. Die ministerie bevestig sy deurlopende monitering van die Mpokke-uitbreking in Afrika. Namibië se robuuste toesigstelsel het tot en met 18 November 38 individue vir M-pokke getoets, en almal was negatief. Namibiërs word versoek om nie ongeverifieerde inligting te versprei nie om onnodige paniek te voorkom, en eerder op amptelike bronne staat te maak vir akkurate opdaterings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die gesondheidministerie se woordvoerder, wat meer inligting gee.